December 17, 2016 3 min read
Die navorsing wys dat soveel as een uit vyf vroue sukkel met pyn tydens seks. In my praktyk vind ek dat meer en meer vroue daarvan kla en kom aanklop vir hulp. Ek werk al 'n geruime tyd saam met Dr. Elna Rudolph en die res van haar multidissiplinere span by haar kliniek, My Sexual Health, waar ons al honderde vroue gehelp het om pynvrye seks te kan geniet – selfs sommige wat in soveel as dertig jaar van getroude lewe nooit seks kon geniet het nie! Dr. Elna Rudolph is die kliniese hoof van MySexualHealth.co.za en 'n mediese dokter wat in seksuele gesondheid spesialiseer. Sy het in Australia, Engeland en Europa verdere opleiding in seksuele gesondheid opgedoen en het 'n besonderse belangstelling in die hantering van pynlike seks. Hier is haar siening oor seks wat seer is:
Comments will be approved before showing up.